“NEEM UIT DIE VERLEDE ALLES WAT GOED EN EDEL IS, EN BOU DAAROP DIE TOEKOMS.”
- PAUL KRUGER
#maakdieskuif
'N EWIGE TOEKOMS VIR ONS KINDERS
Geloof Werk Kennis
CVO Dankbaar is sedert Januarie 1992 as onafhanklike skool by die Depatement van Onderwys geregistreer. Sedertdien, is ons trots om met 'n unieke Christelike uitgangspunt 'n opvoedkundige ervaring te bied wat ontwerp is om intellektuele groei te bevorder en 'n deelnemende betrokkenheid by leerlinge te ontwikkel. Geloof in God-Drie-Enig, ʼn verbondenheid aan die Afrikanervolk en die erkenning en ontwikkeling van ons moedertaal, Afrikaans, is die pilare waarop ons skool rus.
VISIE EN MISSIE
Visie
‘n Christelike volkseie skool waar elke onderwyser, kind en ouer onbeskaamd en toegewyd:
- tot die eer van God alleen
- sy Christenskap ten volle uitleef,
- sy Afrikanerskap ten volle uitleef en
- sy potensiaal ten volle ontwikkel en uitleef.
Missie
Om deur die lewering van die beste, persoonlike onderwys- en bestuursdienste
d.m.v. kundige en dinamiese personeel en ouers ‘n skoolomgewing en -
infrastruktuur te skep, te handhaaf en uit te bou waarbinne ons as verbondsouers,
kinders en -opvoeders tot eer van God en tot die heil van ons volk:
- ons verbondsverpligtinge nakom,
- Die Calvinistiese lewensbeskouing soos verwoord in die Drie Formuliere van Eenheid bestendig en uitbou,
- ons volksgeskiedenis eerbiedig,
- ons volksgeloftes nakom,
- ons volksvryheid deur selfwerksaamheid nastreef en optimale akademiese standaarde handhaaf.
Op die Kalender
- Fri, 31 JanCVO Skool Dankbaar31 Jan 2025, 13:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Mon, 03 FebCVO Skool Dankbaar03 Feb 2025, 17:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Mon, 03 FebCVO Skool Dankbaar03 Feb 2025, 18:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Fri, 07 FebCVO Skool Dankbaar07 Feb 2025, 13:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Mon, 10 FebCVO Skool Dankbaar10 Feb 2025, 14:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Thu, 13 FebCVO Skool Dankbaar13 Feb 2025, 18:00 – 20:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Thu, 13 FebCVO Skool Dankbaar13 Feb 2025, 18:00 – 22:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Tue, 18 FebCVO Skool Dankbaar18 Feb 2025, 08:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Fri, 21 FebBloemfontein21 Feb 2025, 19:00Bloemfontein, Bloemfontein, South Africa
- Sun, 23 FebAfrikaanse Protestantse Kerk.23 Feb 2025, 09:00Afrikaanse Protestantse Kerk., Rooiwal Cres, Uitsig, Bloemfontein, 9301, South Africa
- Mon, 24 FebCVO Skool Dankbaar24 Feb 2025, 07:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Mon, 03 MarCVO Skool Dankbaar03 Mar 2025, 07:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Wed, 05 MarSandgat Van der Kloof05 Mar 2025, 10:00 – 08 Mar 2025, 15:00Sandgat Van der Kloof, R48 Road, Vanderkloof, South Africa
- Fri, 14 MarD P De Villiers Stadium14 Mar 2025, 07:00 – 15 Mar 2025, 17:00D P De Villiers Stadium, H F Verwoerd Rd, Sport Grounds, Sasolburg, 1947, South Africa
- Tue, 18 MarCVO Skool Dankbaar18 Mar 2025, 07:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
- Tue, 25 MarCVO Skool Dankbaar25 Mar 2025, 07:00CVO Skool Dankbaar, BAINSVLEI SOPIESHOOGTE, CVO DANKBAAR, Bloemfontein, 9338, South Africa
Kla oor die kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.
~ C.J. Langenhoven
DIE LEWE BY CVO DANKBAAR
Kultuur:
Kultuur is ‘n integrale deel van CVO Dankbaar. Leerlinge kry die geleentheid om aan die volgende kultuuraktiwiteite deel te neem:
- Bybelkennis
- Beeldende kuns
- Beeldhouwerk
- Vlyt
- Skone kunste
- Gemengde media kuns
- Fotografie
- Literêre werke
- Redenaars
- Kultuurfeeste
- Drama
- Poësie
- Sang
- Musiek
Al die bogenoemde kultuuraktiwiteite word tydens ‘n skoleronde, streeksronde en ‘n nasionaleronde beslis.
Sport:
By CVO Dankbaar glo ons daaraan om gebalanseerde jongmense te bemagtig om in ‘n kompeterende wêreld sukses te behaal. Hierin het sport ‘n baie belangrike rol te speel. Deelname word aangemoedig, nie net ter wille van die oorwinning nie, maar ook om die wedloop enduit te voltooi. Leerlinge kry die geleentheid om in skoolverband aan die volgende sportsoorte deel te neem:
- Atletiek
- Netbal
- Rugby
- Landloop
- Skaak
- Karate
- Skiet
Akademie:
Akademiese uitnemendheid en die skep van ‘n leerkultuur is deel van wie ons is by CVO Dankbaar. Die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamen word, met baie goeie resultate, aan die einde van matriek afgelê. Vir die afgelope 20 jaar het ons matrikulante ‘n 100% slaagsyfer behaal. Talle van ons personeel tree jaarliks as nasieners van die IEB se eindeksamen op. Leerlinge word maklik by universiteite aanvaar en presteer op tersiêre vlak. Goeie terugvoer word vanaf die privaat en openbare sektor ontvang oor oudleerlinge wat daar werksaam is.
Die beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) voorsien ons van leerplanne, handboeke en akademiese ondersteuning.
Vakkeuse in graad 10:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Christelike Lewensoriëntering
- Wiskunde / Wiskunde geletterdheid
- Fisiese Wetenskap / Besigheidstudies
- Lewenswetenskap / RTT
- Rekeningkunde / Landbouwetenskap