top of page
Search

Goeie Vrydag 18 April 2025

URE VAN DIE DAG


Vrydag, Goeie Vrydag!

Jesus Christus word gekruisig. Die derde uur, negeuur is die tyd,

Waarop Sy voete en hande gespyker word.

Die kruis opgelig word en die pyn begin.

Die mees uitmergelendste pyn,

pyn gely, vir my en vir jou.

Waar is ek en jy, waar staan ons?

Die sesde uur, twaalfuur,

gaan ons onthou, gaan ons weet.

Gaan ons apaties sit, iewers?

Wanneer die duisternis oor die wêreld kom.

Twaalfuur op Vrydag, waar is ons?

En dan die negende uur,

Vrydag drieuur,

Weet ons, onthou ons, dis volbring.

En Hy die onskuldige sterf in ons plek.

Gaan dit ons raak.

Gaan ons onthou?

Of sal ons maar aangaan met jol,

met geen onthou, geen deernis.

Gaan ons ook die Paradys betree,

saam met Hom.

 
 
 

Recent Posts

See All
Matriekuitslae

Baie geluk aan ons matrieks van 2021 met hul uitslae! Ons is trots op julle! Mag julle n groot sukses maak van julle pad vorentoe. CVO...

 
 
 

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page